Genees verslaafdes só
2008-02-14
"DWELMSMOUSE moet nie net aangekla word vir die onwettige handel in dwelms nie, maar van moord ook."
So vertel ’n dwelmrehabiliteringsdeskundige, dr Abdusalaam Allie.
Dr Allie bestuur ’n sentrum in Kaapstad wat dwelmverslaafdes op ’n gesonde, natuurlike wyse help om vanuit die kloue van dwelms te ontsnap.
Hy sal Saterdag om 15:00 by die Paarl Polisiekollege ’n praatjie hou oor sy metodes van rehabilitasie. Toegang is gratis.
More
News
|