Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koi's vrek sonder krag

Koi's vrek sonder krag
 
2008-02-14


DIE kragtekort wat die land tans in ’n wurggreep het, benadeel nie net die mensdom nie.

Visse is nóg ’n slagoffer wat erg deurloop onder die kragonderbrekings.

Anton Bartman van Wellington is reeds twaalf jaar lank ’n kranige versamelaar van duursame Koi- visse. Deur die jare het hy ’n versameling opgebou wat vandag ’n geskatte waarde van bykans R50 000 het.

Maar nou loop hy homself vas teen ’n muur wat deur Eskom gebou is.

“Koi’s maak staat op suurstof om te oorleef. Hiervoor is elektriese pompe nodig om ’n stroom suurstof in die water in te pomp.

“Die pomp moet 24 uur van die dag loop om seker te maak dat die suurstofinhoud van die water konstant is,” vertel Anton.

“’n Tekort aan suurstof het ’n onmiddellike uitwerking op die Koi’s en dit veroorsaak geweldige stres vir hulle.

“Die Koi’s hou dan op met eet, hulle raak baie lomerig en kort hierna word hulle aangetas deur parasiete.

“Weens die suurstofverlies, verloor hulle ook dikwels hul bewussyn en dit ly dan na breinskade.

“Dit is veral gedurende die warm somermaande wat dit noodsaaklik is dat daar genoegsame suurstof in die water is.”

Toe die krag in Wellington twee weke gelede vir bykans vier ure af­- geskakel is, moes Anton en sy vrou beurte neem om die suurstofstroom in die water met emmers na te boots.

“Dit was werklik rugbreekwerk, maar ons moes dit doen.

“Ons is ook nie heeldag by die huis nie, en oënskynlik is twee van die Koi’s uiteindelik aangetas weens suurstoftekort. Hulle is onlangs dood.”

’n Ander probleem wat ook vir die Bartmans ontstaan, is dat wanneer die krag in Wellington-Oos onderbreek word, daar geen water is nie.

In dié omgewing word water vanuit ’n reservoir na die buurt gepomp.

Behalwe vir die feit dat die hele buurt dan werklik kragloos sit, kan lopende water nie eers gebruik word om suurstof in die Koi-dam te stimuleer nie.

Dus moet die Bartmans nou gereed staan om water te skep as die krag ons weer verlaat.

* The shortage of electricity is not only affecting humans, but Koi fish have become victims as well.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za