Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugbylegende sterf

Rugbylegende sterf
 
2008-03-06


’n LEGENDE in sportkringe in die Paarl, Raoul (Oelie) de Kock (70) is Saterdag oorlede.

Nie net was Oelie, soos hy alombekend was, ’n rugbyspeler van formaat nie, maar ook ’n rugbykenner wat die spel noukeurig gevolg en ontleed het.

As sakeman was hy jare lank ’n bekende gesig in die sportwinkel Gebroeders Van Zyl, waarvan hy ’n aandeelhouer was.

Die afgelope jare het hy ’n winkel in Loopstraat gehad, waar hy sporttoerusting, veral visgereedskap, verkoop het.

Oelie was sedert 1955 lid van die Paarl Rugbyklub en erelid sedert 1975.

Hy het vanaf 1957 tot 1972 vir Paarl se eerstespan losskakel gespeel en het ook in die sestigerjare Westelike Provinsie verteenwoordig.

Hy word oorleef deur sy vrou Annette, seuns Rial en Dick en hul gesinne.

“Met die viering van die Paarl rugbyklub se 125ste bestaansjaar, is dit vir ons ’n baie hartseer afskeid van ons geliefde oom Oelie,” het die klubkaptein, Trevor Pretorius, gesê.

Die diens was gister in die Toringkerk,.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za