Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekende begrafnisondernemer gegroet

Bekende begrafnisondernemer gegroet
 
2008-03-19


DIE bekende Paarlse begrafnisondernemer, Synie Nackerdien (77), is verlede week ter ruste gelê ná ’n siekbed van twee maande.

’n Gebore Paarliet, was Nackerdien skaars 16 toe hy by Goodall & Williams in die dorp begin werk het.

In die vroeë sewentigs het hy besluit om sy eie besigheid te begin en het hy ’n huisie by Adamsvale in Suider-Paarl gehuur om as lykshuis te gebruik.

Twee jaar later het hy Nackerdien Begrafnisdiens te Fransstraat 7, Paarl-Oos, geopen, met die gesinswoning op dieselfde perseel.

Oor die jare het Nackerdien derduisende vriende en vreemdelinge na hul laaste rusplek vergesel. Tot in Daniëlskuil en ander plekke oor die land, het hy liggame vervoer.

“Los maar,” is die woorde wat talle mense sonder vermoëns, van hom sal onthou.

Soos die geval sowat twee jaar gelede toe ’n familie net R39 kon bymekaarskraap en Nackerdien dit so aanvaar het, en die begrafnis op eie koste behartig het.

“Nie net was hy ’n voorbeeldige mens nie, maar Synie was waarlik ’n filantroop,” het Paarliete beaam.

Vroeër jare het Nackerdien vir Ottoman’s krieket gespeel en vir Vineyards-rugby uitgedraf.

Tot vandag is daar vliegduiwe op sy werf, ’n stokperdjie wat deur een van sy seuns oorgeneem word.

Hy laat sy vrou, Elhaam, en vyf kinders agter. Twee seuns, Rashid en Fa-iek, sit saam met Elhaam die begrafnisonderneming voort.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za