Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Medalje vir Wellingtonner

Medalje vir Wellingtonner
 
2008-03-27


DIE Raad van die Suid-Afrikaanse Aka­­demie vir Wetenskap en Kuns het verlede week verskeie bekronings aangekondig. Onder die ontvangers is Wellingtonner dr Michael le Cordeur, ’n streeksbestuurder van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.

Hy ontvang die Elizabeth C Steijn medalje vir ’n leerkrag wat sy/haar opvoedingswerk deur medium van Afrikaans doen en wat hom/haar onderskei het op die gebied van praktiese onderwys en opvoeding binne, sowel as buite die klaskamer. Dit is vernoem na Elizabeth C Steijn, wat vir baie jare die hoof van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria was en word net elke derde jaar toegeken.

Die prys sal tydens ’n bekroningsplegtigheid op Stellenbosch oorhandig word op 20 Junie.

Dr Le Cordeur het op drie terreine buitengewone sukses in die onderwys behaal: eerstens as vakonderwyser in Afrikaans, Engels en Wis­kunde, asook met ’n leidende rol in talle buitemuurse ak­ti­witeite.

Tweedens is sy onderrig ondersteun deur diepgaande navorsing en derdens toon sy uitgebreide lys van publikasies dat hy sy akademiese kennis toegewyd toepas en toewy aan die bevordering van die onderrig van Afrikaans op ’n breë front. Hy is ook voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkommissie.

Ander ontvangers van die 18 medaljes en erepennings sluit in Breyten Breytenbach (Hertzogprys vir Poësie), prof TT Cloete, prof Stefans Grové, sakeman Jannie Mouton, aktrise Antoinette Kellerman en sanger Jannie du Toit.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za