Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blink gebad langs die pad

Blink gebad langs die pad
 
2008-03-27

Malané Bosman

DANKBAAR (en later ook spoggerig) kom honde-eienaars week ná week na die Dierebeskermingsvereniging se oggendkliniek in Amstelhof.

Daar kry die honde gratis inentings, ontwurmingsmedikasie en word hulle gedip.

Vir “goeie kliënte”, dié wat gereeld hulle troeteldiere bring, is daar selfs ’n geskenkpak met hondekos agter in die DBV se wit bakkie.

“Dit is wonderlik om te sien hoe dieselfde honde teruggebring word,” sê Linda Groenewald.

“Met die eerste besoek is hulle soms brandsiek en maer, en ná dip en medisyne kom daar die volgende keer ’n gesonde, blinkvel hond hier aan.”

Linda en haar helper, Freddie Jordaan, is elke Dinsdagoggend op die hoek van Swaweltjiestraat en Amstelhoflaan.

Daar wag hulle, gereed om die troeteldiere van mense wat dit nie breed het nie, maar net die beste vir hul Storm en hul Vlekkie wens, te help.

* THE SPCA’s Tuesday morning clinic in Paarl East is helping to keep dogs healthy and their owners happy.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za