Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oliviers wen toekenning

Oliviers wen toekenning
 
2005-06-23


IN ‘n tyd waar private onafhanklike motorhandelaars stelselmatig wegval en deur groepe oorgeneem word as gevolg van die geweldige kapitale vereistes, het ‘n plaaslike handelaar verlede week die toekenning vir Sakeman van die Jaar van die Paarlse Sakekamer ontvang.

Die trofee is toegeken aan Piet Olivier en sy seun Chris, eienaars van Paarl Vallei Motors, plaaslike Volkswagen en Audi handelaars.
Paarl Vallei Motors is tans die oudste Volkswagen-handelaar in die land onder dieselfde eienaarskap.

Piet Olivier, destyds interne ouditeur by Shell, het die onderneming in 1968 gekoop en vier vanjaar sy 37ste jaar in die bedryf.

Volgens Piet het die onderneming aanvanklik gesukkel weens lae vertroue in die gemeenskap en by sy werknemers, omdat die onderneming deur vier eienaars besit is in die voorafgaande tien jaar.
Om alles te kroon was die Kewer uiters skaars in daardie tyd, dus was omset swak en winsgewendheid nie na wense nie.

Met die besef dat die motorbedryf ‘n langtermynbedryf is en nie ‘n oornagsensasie in terme van ‘n opbrengs op kapitaal is nie, is ‘n vyfjaarprojek van stapel gestuur.

Hulle het ‘n nuwe perseel aangekoop, ‘n moderne, nuwe gebou opgerig en die Studebaker-agentskap vervang met die Audi-agentskap.

Die belegging was ‘n waagstuk, maar met toewyding en ‘n sterk ekonomie in die sewentigs het die onderneming van krag tot krag gegaan.

Met produkte wat konstant verbeter het, en die bekendstelling van die Golf in die laat sewentigs het die besigheid gegroei tot een van die suksesvolste in die VWSA netwerk.

Met ‘n insinking in die ekonomie in die 1980’s en 1990’s is hulle deurgedra deur ‘n goeie produk, toewyding tot dienslewering en streng kostebeheer in ‘n tyd waar vele handelaars van eienaarskap verander het en sommige die handdoek moes ingooi.

Teen die einde van 1999 het die huidige handelaarshoof, Piet, aan sy seun Chris oorgegee as handelaarshoof. Piet het as direkteur aangebly, maar hom daarna toegespits op boerdery in die Karoo.

Vroeg in 2000 is weer op hernuwing van die onderneming besluit.
Die visie was eenvoudig: opgradering van die perseel, opleiding, addisionele opgeleide personeel en ‘n massiewe herinvestering in produk, visuele standaarde en kliëntediens om dit die
toonaangewende agentskap in die Paarl area
te maak.

Produk-kwaliteit, kliëntediens sonder kompromie en personeel van ‘n hoë standaard moet die lewensvatbaarheid van die VW handelaar in die Paarl verseker vir die volgende tien jaar.

Die kapitaaluitleg was dadelik geregverdig deur uitstekende groei in die laaste drie jaar.

In Maart 2004 is Paarl Vallei Motors aangewys as die nommer een agentskap in die VWSA netwerk in terme van kliënte- diens soos gemeet deur onafhanklike navorsing.

Die maand het ook gepaard gegaan met rekordverkope van nuwe motors, vir beide VW en Audi.

Met nabetraging oor meer as drie dekades van betrokkenheid in die Paarl as VW Audi agentskap glo Piet aan die volgende beginsels:
1. Bou jou besigheid op die beginsels van eerlikheid en billikheid - leef en laat leef;

2. Omring jouself met personeel van hoogstaande gehalte wat die besigheid se standaarde uitleef;

3. Struktureer jou besigheid met sterk administratiewe en finansiële beheer;

4. Groei saam met die bedryf - moenie agter raak nie, want jy haal dit straks nooit weer in nie:

5. Plaas jou kliënte en onderneming eerste, en jouself tweede;

6. Likwiditeit is die naam van die spel;

7. Belê in jou personeel.

8. Gee terug aan jou gemeenskap wat jou in besigheid hou.

Die Oliviers het die gemeenskap vir hul ondersteuning bedank.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za