Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vroue vat misdaad vas

Vroue vat misdaad vas
 
2005-03-09


HULLE noem hulself die Lifesavers, want hulle wil veral die lewens van vroue red deur verkragtings in hul omgewing te verhoed.

So gesels die lede van die nuwe buurtwag van Wyk 21 in Vanwyksvlei, Wellington, wat sedert November veral oor naweke besig is om misdaad in hul omgewing te bekamp deur hul sigbare teenwoordigheid.

“Ons het net gevoel hier is te veel misdaad in Vanwyksvlei, en dat ons kinders dalk onder die invloed van bendes val,” verduidelik voorsitter Vellerie Cyster.

Die groep bestaan meestal uit vroue, maar dit laat hulle nie terugdeins vir die taak op hande nie. Hulle het al ‘n arrestasie gemaak en moontlike verkragtings voorkom deur verdagte persone aan te spreek.

En, sê hulle, misdaad is definitief minder vandat hulle met hul fietse en glimbaadjies die gebied rondom veral Abdurahamanweg en die Vanwyksvlei sportgronde patrolleer.

Die buurtwag is ingeskakel by die Wellington

Gemeenskapspolisiëringsforum, en word ondersteun deur die plaaslike Misdaadsvoorkomingsaksie van die SAPD. Voorsitter Vellerie Cyster het enigiemand van die wyk uitgenooi om as lede by die inisiatief aan te sluit en die buurtwag te ondersteun.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za