Vergadering oor Saron se grondeise
2008-04-10
DIE Kommissie op Herstel van Grondregte hou ’n vergadering vir alle inwoners van Saron in die Saron VGK-saal Saterdag 19 April om 14:00. Die vergadering is om die Saron gemeenskap in te lig aangaande die Grondeiseproses en die implikasies van ontwikkeling, asook om ’n vorderingsverslag oor die Saron grondeise te gee. Vir meer inligting, skakel 021- 426-2930.
More
News
|