Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pyp vertel sy laaste staaltjie

Pyp vertel sy laaste staaltjie
 
2008-04-10


DIE bekende plaaslike storieverteller Pyp de Villiers (61) het die afgelope naweek gesterf ná ’n kort siekbed.

De Villiers is twee maande gelede met longkanker gediag- noseer en is Vrydagaand in sy huis in Johannesburg stil in sy slaap oorlede.

Alhoewel De Villiers ’n bankier was, het hy bekendheid verwerf as storieverteller.

Hy is raakgesien deur die vervaardigers van Spies en Plessis, Maak ’n Las en Stoepstories. Hierna het hy die nasie aan die skaterlag gehad en sodoende ’n huishoudelike naam geword.

De Villiers was ’n boorling van die Paarl en was vanaf graad 1 tot 12 ’n leerder aan Gimnasium.

Alhoewel sy werk vir hom later na die noorde geneem het, het sy hart steeds in die Paarl gebly.

“Pypie se unieke storievertelvermoëns het vir hom in dieselfde klas geplaas as Tolla van der Merwe en Koos Meyer,” vertel ’n vriend, Andries Krogmann.

“Hy kon ’n storie met oorgawe vertel en baie van sy sêgoed het sy oorsprong by die mense van die Paarl gehad.

“Alhoewel hy ver van die huis af was, het hy dikwels Sondagaande vir my gebel en gevra wat die afgelope naweek se rugby-uitslae van Gim en Boishaai was. Sy hart het werklikwaar hier gebly.”

De Villiers se susters, Elna Butler en Lida de Villiers, woon steeds in die huis in Victoria- straat, Paarl, waar al drie kinders gebore en getoë is.

Hul pa Jackie de Villiers, was ’n neef van Manas en Awie de Villiers wat verantwoordelik was vir die Oukraalliedjie wat bo-op Paarlberg geskryf is.

Sy vrou Nonnie is reeds meer as tien jaar gelede in ’n motorongeluk dood en hy is nooit weer getroud nie. Hy het geen kinders gehad nie. Sy gedenkdiens vind môre in Johannesburg plaas.

* Well-known local story-teller Pyp de Villiers has died after a short illness.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za