Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gewillige oor bring vrede

Gewillige oor bring vrede
 
2008-04-17

Melané Bosman

HY het ’n talent ontvang om te luister, ’n gawe wat vir Ivan Fourie ewe veel bevrediging bring as die vrede wat sy gewillige oor al vir honderde kankerlyers gebring het.

Fourie (85) was lid van die eerste groep vrywilligers wat in 1984 volgens ’n Amerikaanse voorbeeld, in die Strooidakkerksaal in die Paarl, in pasiëntesorg opgelei is.

Destyds het Fourie en sy vrou, Sophia, in Waltham Crossstraat gewoon. Hy het toe net afgetree en wou graag ander mense help.

Dit was die begin van 19 jaar as pasiëntsorg-vrywilliger vir Cansa. Hy besoek kankerpasiënte en hul families en help waar hy kan, met bystand en ondersteuning.

Die Fouries het reeds Huis Vergenoegd hul tuiste gemaak toe sy vrou met Altzheimer siek geword het. Hy het haar vier jaar lank versorg totdat sy in 2006 oorlede is.

Daarna was die vriendelike man met die lang bene wat dwarsdeur die jaar in kortbroek geklee is, weer ’n bekende gesig by kankerlyers en hul naasbestaandes.

“Dit is bevredigend om te weet jy kan ’n verskil maak,” het Fourie beskeie gesê.

“Ek wou ander help, maar ek is nie ’n spreker nie. Ek het ’n talent ontvang om te luister. Dit is belangrik in pasiëntesorg.”

Vanjaar is hy leier-Toktokkie in Huis Vergenoegd, met vrywilligers (Margie Lubbe, Margaret Sikora, Johanna Lambrechts en Jackie le Roux), wat hom bystaan.

Verlede week was hy die eerste Toktokkie wat ná die loodsing van die jaar se veldtog in Maart sy donasiekoeverte ingelewer het.

En nie net een koevert nie, sewe koeverte! Fourie het R4317 vir Cansa ingesamel, net in die aftree-oord.

Dis seker omdat die man met die gewillige oor soggens vroeg al op die been is, want nie wind of weer keer dat hy voor dagbreek al vir oefening die Hoofstraat langs stap nie.

Meer inligting oor Cansa en die Toktokkie-veldtog kan verkry word van die kantoor in Wellington by 021-873-6358.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za