Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die weduwee pryk in pienk

Die weduwee pryk in pienk
 
2008-04-17

Malané Bosman

DIT is wel waar dat haar man met die jare stadiger geword het, maar hy is darem nie heel dood nie.

Daarvan kan ’n Paarlse polisievrou getuig, al het die polisie se mediese fonds besluit haar man, ook in die polisiediens, is morsdood.

Die vrou, wie se naam aan die Paarl Post bekend is. maar wie se identiteit nie onthul mag word nie, het die skoknuus van haar man se dood in ’n apteek in die Hoofstraat ontvang.

Dit was nadat sy die Woensdag aangedoen het om haar `kannieworrienie-pilletjies’ op voorskrif te kry.

“Inspekteur, jou man is afgehaal van die mediese fonds. Dis al wat op die rekenaar wys, geen rede nie. Net dit. Jy kan nie jou pilletjies kry nie,” moes sy verneem.

Haar pilletjies was eintlik al die Sondag op, so teen die tyd dat sy in die apteek die skoknuus ontvang het, was sy al redelik bewerig.

“Die apteker het my so gekyk en seker gesien dié vrou gaan dit nie maak nie. Toe stop hy my solank twee pilletjies in die hand,” vertel sy.

Ná verdere ondersoek en oproepe was die apteker agter die kap van die byl: “Inspekteur, jou man is dood. Volgens Polmed is hy op 11 Februarie dood. Julle mediese fonds is al die einde van Februarie gestop.”

Die “weduwee” het nie geweet of sy moet lag of huil nie.

“Ek sal mos geweet het as ek ’n maand al langs ’n lyk slaap!” het sy oor die telefoon die saak met ’n mediese fonds verteenwoordiger reggestel.

Net die volgende dag was haar man weer lewendig op Polmed se boeke en kon sy heel wettig haar pilletjies op papier ontvang.

Die oorsaak van dood is nooit bekend gemaak nie, maar omstandigheidsgetuienis toon komplikasies met die mediese fonds-lidnommer van ’n oorledene.

Intussen kon die polisieman wat uit die dood herrys het, net goedig lag. Hy weet sy lewenspolis is in orde, maar hy verkies om in lewende lywe by sy vrou te wees.

Sy lyk juis deesdae so mooi in ’n nuwe pienk tabberdtjie, aangeskaf uit dankbaarheid dat sy nie in swart moes rou nie.

* A very much alive Paarl policeman was suspended from his medical aid for being “deceased”.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za