Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oud-skoolhoof oorlede

Oud-skoolhoof oorlede
 
2008-04-17


’n VOORMALIGE skoolhoof van Hoër Meisieskool La Rochelle, Anna Grundlingh (99), is in Pretoria oorlede.

Hierdie oudleerling van La Rochelle was hoof van 1948 tot 1962. Onder haar leierskap is die saal, musiekblok en ekstra klaskamers gebou.

Die vorige saal is omskep in die skoolbiblioteek, toe die grootste in Kaapland.

Sy het die skool se erekode, soos voorgestel deur die leerlingraad van 1946, gefinaliseer en dit word steeds gebruik by skoolgeleentede.

Die nou bekende blou blommetjies op die uitrustings wat steeds kenmerkend is van die Larries se somersdrag, is in 1960 ingestel.

Mej Grundlingh was verantwoordelik vir die opstel van die 1960 jaarblad met ’n volledige opgawe van die skool se ontstaan en ontwikkeling.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za