Bestuurder sterf op verbypad
2008-04-17
NOG ’n jong Paarliet het gesterf in ’n motorongeluk.Oscar November (34) het vroeg Maandagoggend naby New Orleans op die Huguenot-verbypad beheer oor sy voertuig verloor by Triangle Park. Sy BMW het oor die pad getol voordat dit gerol het. November is by die voorruit van die voertuig uitgeslinger. Hy is sowat ’n uur na die ongeluk in die Paarl Hospitaal aan sy beserings dood. November, ’n oud-leerder aan Klein Nederburg Sekondêr, was ’n bestuurder by Rhebokskloof se onthaalsentrum. Hy het by sy suster in Klein Parys gewoon nadat hy onlangs geskei is. November word oorleef deur sy ouers, Millie en Freddie November, en twee broers en twee susters. Hy word Sondag om 11:00 vanuit die huis te Lafayettelaan 26, Klein Parys, begrawe, en daarna om 12:30 by die Bethel Congregational Kerk in die Paarl. * Another person has died in a horrific car accident in Paarl.
More
News
|