Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


DBV bring sy kant vir viervoetvriende

DBV bring sy kant vir viervoetvriende
 
2008-04-24


DIE Wellington DBV het die afgelope jaar gewoel om sy kant te bring met dieresorg op die dorp.

Daar is elke Dinsdag ’n kliniek by die Weltevrede Sportterrein wat gehou word met die vriendelike ondersteuning van Wellington Dierehospitaal se veeartse, asook getroue vrywilligers wat al vir jare help met hierdie dikwels ondankbare werk.

Elke Woensdag doen hulle ook ’n ander roete in die gemeenskap waartydens inligting en opvoeding gegee word aan die gemeenskap om dieremishandeling en verwaarlosing te verhoed.

Tydens hierdie besoeke word behalwe inligtingstukke, ook sterilisasievorms aan die gemeenskap voorsien om hulle aan te moedig om hulle diere te steriliseer met die hulp van fondse beskikbaar gestel deur die DBV.

“Ons kan met trots rapporteer dat die besoeke vrugte afwerp in dié sin dat die aantal diere wat gesteriliseer word toeneem, en die kliniek meer gereeld besoek word,” sê voorsitter Francois van Wyk.

“Ons wil die gemeenskap bewus maak van die baie belangrike feit dat ons daar is om jou te help om mooi na jou viervoetvriend te kyk. Ons hardwerkende personeel staan reg om hand te gee.”

Donderdae of Vrydae besoek hulle plase in die distrik waartydens werkers ingelig word oor dieresorg en hul diere teen kliniektariewe gedip en ontwurm word.

Plaaseienaars wie se plase nog nie besoek is nie, kan die DBV skakel om ’n afspraak te reël.

Van Wyk het die Wellingtonse gemeenskap bedank vir hulle wonderlike ondersteuning die afgelope jaar in die vorm van geld, skenkings van boumateriaal en komberse, asook gratis haarsnye vir verwaarloosde honde.

Belangstellendes wat lid wil word betaal net R50 per jaar om so hul stem vir diere te laat hoor. Daarmee kry ’n mens ook stemreg op die algemene jaarvergadering wat Woensdag 30 Julie plaasvind by die Breytenbach-sentrum om 19:00.

Vir meer inligtigting kan die DBV gekontak word by 021 864 3726.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za