Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Werkswinkel oor versorging

Werkswinkel oor versorging
 
2008-04-24


MENSE wat hulle bejaarde ouers tuis versorg, verpleegsters en tuisversorgers kan ’n werkswinkel oor die hantering van die verswakte bejaarde op Saterdagoggend 10 Mei in die CP van der Merwe-saal op Wellington bywoon.

Die werkswinkel word deur die Wamakersopleiding-sentrum aangebied, en is deel van hulle tien-jaar feesvieringsprogram. ’n Tweede werkswinkel oor die stimulasie van babas en kleuters word ook dieselfde dag gehou.

Sprekers by die werkswinkel ‘Omgee met passie’ sal praat oor die fisiese hantering van bejaardes, die stimulasie van bejaardes, die etiek om verpleging en versorging, kommunikasie en die hantering van seniele toestande.

Versorgers sal ook demonstrasies van byvoorbeeld die ‘hoist’, ’n maklike manier om verswaktes op te lig, kan bywoon.

Die ideale siekekamer sal ook uitgebeeld word. Uitstallings sal die nuutste mediese toerusting bekend stel.

Kindersorg

Die werkswinkel - ‘Fluit-fluit my ore tuit!’ - is gemik op ouers, opvoeders en die tuisversorgers van babas en kleuters. Die program sluit in ’n storiewerkswinkel, musiek, ’n poppekas en besprekings oor hoe om die kind te stimuleer, regte eetgewoontes en dissipline.

Daar sal ook uitstallings wees van kinderboeke, speelgoed en leerhulpmiddels. Hierdie werkswinkel word by Wamakers se opleidingsentrum te Breedstraat 10, agter die Moederkerk gehou.

Albei werkswinkels begin om agtuur met registrasie, en sluit af om eenuur met ’n middagete.

Kostes is R200 per persoon en instansies wat meer as drie persone stuur, kwalifiseer vir ’n afslag van R50 per persoon.

Belangstellendes moet vooraf bespreek, en kan Wamakers se kantoor by 021-873-5942 skakel.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za