Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onderwyser dood gevind

Onderwyser dood gevind
 
2005-06-30


'n ONDERWYSER verbonde aan Ebenezer Primˆre Skool in die Paarl, het Vrydag dood in sy huis gevind nadat hy nie opgedaag het vir sy laaste skooldag nie.

Mervyn Abrahams (49) het vermoedelik aan ‘n massiewe hartaanval gesterf. Hy was 25 jaar aan die skool verbonde.

Toe Abrahams nie die oggend soos gewoonlik stiptelik by die skool opdaag nie, het sy kollegas Yusuf Bailey en Joslin Andrews hom by sy huis te Scherlaan 26 gaan soek.

Hulle het hom dood op die kombuisvloer aangetref.

Sy skoollêers was byderhand en ‘n mens kon sien dat die huis net ‘n verlengstuk van sy skoolwerk was.

Mervyn was ongetroud en het alleen gewoon. Hy het sy ma, Mary, tot met haar dood enkele jare gelede opgepas.

Bertie Arendse, eertydse kollega, sê, “Mervyn het altyd die kinders se belange vooropgestel. Dis vir ons almal ‘n skok om van sy dood te hoor want sover ek weet was hy heeltemal gesond.”

Dis ook woorde wat deur sy vorige afgetrede hoof, Ivan Arendse, beaam word.

“Hy was daarby ook lojaal, bemind by die personeel en ouers, het hard gewerk en het die kuns verstaan om die Wiskunde en Aardrykskunde leerstof waarvoor hy verantwoordelik was in my tyd, aan die leerlinge oor te dra”.

Die huidige prinsipaal, Freddie Matthee, sê, “Ons is trots op hom want hy het die skool se naam hoog gehou. Deur sy leiding met sokker is vyf van ons skool se leerders onlangs in die Boland Ussasa o.11 en o.13 sokkerspanne opgeneem. Hy was ook betrokke by tennisafrigting.

“Sy dood is ‘n verlies vir ons en die gemeenskap wat hy gedien het”.
Onder die personeel heers daar nog verslaentheid en hartseer oor hul oorlede kollega.

Mervyn word oorleef deur ‘n dogter en broer, Lewellyn, albei van Kaapstad.

Sy begrafnis vind Saterdag om 09:00 by die huis in Scherlaan plaas en daarna om 10:00 by die Zionskerk in Drakensteinweg.

* A local teacher was found dead on the last day of the school term.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za