Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarlse legende oorlede

Paarlse legende oorlede
 
2005-06-30


’n PAARLSE legende, Ronnie Bourbon-Leftley (83), is verlede week ná ’n kort siekbed oorlede.

Ronnie het hom, ná diens in Noord-Afrika gedurende die Tweede Wêreldoorlog, op die plaas Waterpoel in die Agter-Paarl gevestig.

Hy het later op die dorpsplaas Vredenburg geboer en betrokke geraak by distriksake as jarelange voorsitter van die destydse Afdelingsraad.

“Ronnie was ’n regte gemeenskapsmens,” onthou sy vriend Marius de Jager.

“Hy was sonder tierlantyntjies en het opreg omgegee vir die distrik en sy medemens.”

Ronnie het baie gedoen vir die verbetering van arbeiderbehuising op plase en was nou betrokke by die begin van streeksbeheer.

“Elke Sondag het hy sy kar gevat en in die distrik gaan kyk wat aangaan, of die paaie vrot is, en of onwettige ontwikkelings gedoen word,” sê Marius, wat destyds by die Afdelingsraad gewerk het.

Hy het op verskeie gemeenskapskomitees gedien en was betrokke by die stigting van die Antoniesvlei-ontspanningsterrein by Wellington.

Volgens sy familie was hul pa vir hulle almal ’n inspirasie.

“Hy was altyd daar vir ons, altyd positief en het vir ons oor die jare baie wyse raad gegee,” onthou hulle.

Ronnie word oorleef deur sy vrou Carina, seuns Billy en David wat in die Paarl boer, dogter Heléne Visser van Bloubergrant, agt kleinkinders en twee agterkleinkinders.

Die gedenkdiens en teraardebestelling was gister by die Strooidakkerk.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za