Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ma se Mackier-manne

Ma se Mackier-manne
 
2008-05-08


VIR Paarl polisiestasie kommunikasie- beampte, insp Hildegard Mackier, is die grootste Moedersdaggeskenk wat sy kan ontvang die nuus dat haar seun Milton (9) opgeneem is in die SA-karatespan.

Hierdie span, waarvan Milton die jongste lid is, vertrek vandeesmaand na Edinburgh, Skotland, om aan die Statebondspele deel te neem.

In ’n relatiewe kort tydperk het Milton en sy jonger broer Curt (7) uitgestyg in die sport van karate.

En insp Mackier vertel met ’n vonkel in haar oog dat die eintlike rede hoekom sy en haar man Donnie, besluit het om vir hulle in te skryf vir karate, die feit was dat hulle van kleins af verskriklik woelig was.

En dit was ’n uiters goeie besluit, want terwyl hulle albei rustiger en meer gedissiplineerd geraak het, blink hulle uit in die sport.

In dié kort tydperk het Milton reeds uitgestyg na ’n blou gordel en Curt na ’n groen gordel. Milton is vasbeslote om teen volgende jaar sy swart gordel te verwerf.

Die Mackiers se sitkamermure is vol medaljes en sertifikate wat dié twee rakkers met lof verdien het in hul sport en Hildegard kan haar trots oor haar seuns nie wegsteek nie.

Alhoewel die nuus van Milton se opname in die SA-span oorweldigend is, bly ’n ma maar steeds senuweeagtig om haar kind so ver die vreemde in te stuur, erken sy.

“Ek weet nie hoe ek van hom gaan afskeid neem by die lughawe nie, en ek lê nagte wakker en wonder of als reg sal wees.”

Maar soos enige ma wat die belange van hul kinders bo alles stel, gun sy hom dié wonderlike ervaring.

Maar Milton fluister dat hy nie gaan vertrek voordat hy en Curt vir hul ma groot gaan bederf op Moedersdag nie.

“Net omdat sy altyd daar is vir ons.”

* The biggest Mother’s Day present that Paarl police communications officer Insp Hildegard Mackier could receive, was the news of her son’s inclusion into the SA karate team.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za