Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ouma Granny se huis museum is 18 jaar oud

Ouma Granny se huis museum is 18 jaar oud
 
2008-05-15


OUMA Granny se huismuseum in Fonteinstraat Wellington, is vanjaar 18 jaar oud. Sondag 18 Mei is nie net Internasionale Museumdag nie, maar dit is ook in dié maand waarin die Ouma Granny Huismuseum die eerste keer sy deure geopen het.

Dié historiese Victoriaanse huismuseum huisves nie net onskatbare erfenisse nie, maar poog om kultuurgroepe hier te verteenwoordig, sê Christine Siebrits, een van die museum se gasvroue.

“Daar is byvoorbeeld ’n uitstalling van Khoi en San gereedskap, ’n verskeidenheid ou Bybels wat ’n Statebybel, Hebreeuse Bybel, Sotho-bybel en verskeie ander Bybels insluit,” sê sy.

“Daar is ook ’n pragtige skildery van die Wailing Wall of Jerusalem wat deur die Kropman-familie geskenk is. Daar is ook ’n unieke perkamentrol van die boek van Esther wat in die 19de eeu uit Lithuania na Suid-Afrika gebring is en deur dr EL Kirsch aan Ouma Granny geskenk is,” sê sy.

Bekende Wellingtonners word vereer. Dit sluit in ds Dawie de Villiers (Springbok), ds ML de Villiers (toonsetter van Die Stem), Henry Jones (Mnr Heelal).

Daar is ook ’n hoekie afgesonder vir Gregoire Boonzaier, bekende skilder, vir wie Ouma Granny baie na aan die hart was, sê sy.

Om Museumdag te vier, sal die museum op Sondag 18 Mei oop wees vanaf 09:00 - 12:00. Die museum is ook elke Vrydag oop vanaf 09:00-12:00.

Diegene wat op ander tye die museum wil besigtig, kan Christine kontak by 021-873-3093 of 083-231-7027.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za