Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beplanning op die grondpad

Beplanning op die grondpad
 
2008-05-22

Sieb Sieberhagen

WIDE L9/Railway 100 Dip. Vir baie mense sal dít soos een of ander onbekende kode lyk, maar dié “pace notes” is vir David Delaney van die Paarl soos botter op brood.

Veral as hy langs Gavin Grierson in die giftige Nissan Skyline 2.8 GTX inskuif, is die “pace notes” vir die navigator die middel tot sukses.

David en Gavin is tydwedrenvriende wat deesdae in die S4-klas deelneem. Hulle het die afgelope naweek aan die Ceres Toyota tydwedren deelgeneem.

David is die waarnemende hoof: beplanning en ekonomiese ontwikkeling by die Drakenstein munisipaliteit, maar in sy vrye tyd is hy navigator vir Gavin.

Dis wanneer die twee manne die Wes- Kaapse grondpaaie aanpak.

“Ek is reeds van 2000 af betrokke by tydrenne en motor-gymkanas. In 2005 het Gavin gevra of ek sy navigator wil word. En in 2006 het die aksie begin,” sê Delaney.

“Jy leer maar deur jou foute, maar ek het ook baie by Gavin se vorige navigator geleer. Aangesien tyd krities is in dié soort sport, moet jy vinnig dink, somme maak en baie goed met jou bestuurder kan kommunikeer,” sê hy.

“Dit is nou ons tweede seisoen in die Nissan. In 2006 het ons met ’n 30 jaar oue Datsun SSS gejaag. Ons het nie borgskappe nie en al die onkoste is vir ons eie sak.”

“Ek het al ’n paar benoude oomblikke gehad, maar was gelukkig nog in geen ongeluk betrokke nie.

“In sneldele, en dit is natuurlik op grondpaaie, behaal ons snelhede van tot 170 km/h. In die S2000-klas, waaraan die professionele jaers deelneem, ry hulle gemiddeld 120km/h en behaal snelhede van tot oor die 200 km/h.

“In die sneldele is dit toelaatbaar. Daar is ook geen ander voertuie op daardie gedeelte van die pad nie. Partykeer gaan dit vinnig, maar Gavin is ’n goeie bestuurder. Hy het in 2000 met die Chris Truter-trofee vir agterwiel-aangedrewe motors weggestap,” sê hy.

“Verlede jaar het ons aan die S5-klas deelgeneem. Maar die kompetisie in daardie klas is veel taaier. Daar kry jy te doen met 4x4 en turbo-enjins. In die S4-klas staan mens ’n beter kans,” sê hy.

David sê dat hy eendag graag agter die stuur van ’n tydwedren-motor sal wil inskuif. Die kersie op die koek sal natuurlik wees om een van die S2000 motors deur sy passies te sit,” sê hy.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za