Ou fietse word nuutgemaak
2008-05-22
Christine Siebrits
’n PROJEK om fietse vir die jongmense van Mbekweni aan te skaf sodat hulle makliker oor die weg kan kom, is in volle swang. Ou fietse word afgeskuur en oorgespuit. Mariëtte van Velden in samewerking met Lukhanyo is tans met die projek besig. Verlede Saterdag is agt fietse uitmekaar gehaal, met sandpapier afgeskuur en geverf sodat dit maklik uitgeken kan word. “Dit sal die jongmense in staat stel om klasse in sang, ensemble en kuns by die Breytenbach-sentrum by te woon,” sê Mariëtte.
More
News
|