Wellingtonners vereer
2008-05-22
SPESIALE toekennings vir twee inwoners van Wellington is tydens die Wellington ATKV- tak se onlangse jaarvergadering gemaak. Cossie Costandius en Ma- riëtte van Velden is vereer vir hul bydrae in die musiek- en kunswêreld. Cossie was een van die groep mans wat vroeër gereeld by “Oukraal” teen Paarlberg bymekaar-gekom het om lekker liedjies te sing en gesellig saam te verkeer. Manas van Zyl was destyds die leier van dié groep. Een van die liedjies wat sy oorsprong hier gehad het, was die bekende “Oukraalliedjie” wat later bekendheid verwerf het deur Groep 2. Cossie het heelwat liedjies self geskryf en laat toonset. Mariëtte van Velden het ’n toekenning gekry vir haar betrokkenheid by interkulturele sang en kuns. Sy het pragtige sangtalent onder die kinders van Mbekweni ontdek en dit begin ontwikkel deur sangopleiding aan ‘n groepie van hulle te gee. ’n Koor is op die been gebring wat al by verskeie geleenthede opgetree het. Mariëtte, self ’n begaafde kunstenaar, gee ook kunsonderrig en het al verskeie uitstallings gehou.
More
News
|