Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reserviste benodig

Reserviste benodig
 
2008-05-22


DIE Paarl polisie is op soek na reserviste wat vrywilliglik die polisie sal bystaan om misdaad te bekamp.

Enige lid van die gemeenskap wat ’n passie daarvoor het om ’n verskil in die ge­meenskap te maak, kan ’n polisie reservis word.

Daar is voorwaardes. Jy moet ’n Suid-Afri­kaanse burger wees, tussen die ouderdomme van 21 en 35 wees, in ’n goeie geestelike en fisiese gesondheidstoestand wees, in besit van ’n geldige bestuurslisensie wees en geen kriminele rekord hê nie.

Aansoekers moet bereid wees om opleiding te ontvang en mediese en psigometriese toetse te ondergaan.

Indien u aan die voorwaardes voldoen of enige navrae het, skakel insp Lionel Johnson by 021- 807-4000 of 021- 807-4040 by die Paarl Polisiekantoor aan die Bergrivier Boulevard.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za