Verligting aan dié wat dit nodig het
2008-06-19
SOOS die gemeenskap na haar pa gegaan het, so het haar pa altyd gesê, sal hy aan die gemeenskap teruggee. En dis hoekom Shanaaz Nackerdien-Mukadam en haar familie Maandag, op die 100ste dag ná haar pa se sterfte, sop en brood in buurtes van Amstelhof en Chicago uitgedeel het. Die bekende begrafnisondernemer van Paarl-Oos, Josein Nackerdien (77), was in sy lewe bekend vir sy simpatieke diens aan die gemeenskap. Volgens die Muslim geloof word daar op 100-aande verligting aan die dooie gegee deur ’n biddiens en ete in die gesinswoning. “Ons het besluit ons gaan op dié spesiale dag ook aan die gemeenskap verligting gee, en sop en brood uitdeel aan diegene wat dit nodig het,” het Shanaaz gesê.
More
News
|