Nooi húlle maar in
2008-06-19
MEER as 120 000 energie-besparende gloeilampe gaan in die volgende paar weke in die Drakenstein-gebied versprei word. Vyftig tot sestig veldwerkers wat dié groeilampe versprei, is reeds in Wellington besig om die verspreiding te doen, maar sommige veldwerkers loop hulle vas teen huiseienaars wat hulle nie wil toelaat nie. Dié veldwerkers, hoofsaaklik werklo- se inwoners van die gemeenskap, is in diens van Tru-Lec Electrical, ’n Eskom- gekontrakteerde maatskappy. Donovan Fabe, projekbestuurder vir Tru-Lec Electrical, sê dat hulle met die nuwe lampe, wat minder krag trek, vir die publiek aansienlike elektrisiteitskostes kan bespaar. “Heelwat inwoners is egter skepties oor die feit dat ons woonhuise wil betree en inligting soos ID-nom- mers en nommers van elektriese meters wil bekom, maar dit dien as kontrole tussen ons, Eskom en die publiek. “Dit behels ’n administratiewe proses, maar ongelukkig is dit die vereiste wat Eskom aan ons stel as bewys dat ons wel die betrokke mense besoek het,” sê hy. “By sommige hui- se word tot 20 gloeilampe omgeruil. Die veldwerkers moet fisies die gloeilampe omruil om enige ongerymdhede uit te skakel. Die veldwerkers word geïdentifiseer deur ’n ID- kaart, ’n geel-groen onderbaadjie en ’n blou pet met die letters TLE daarop. “Die ID-kaart het ook twee telefoonnommers wat inwoners kan skakel indien daar probleme opduik. Die een is ’n nommer van Tru-Lec Electrical en die ander van Eskom se hulplyn,” sê hy.
More
News
|