Bekende onderwyser oorlede
2008-06-26
’n ONDERWYSER van Dwarsriviervallei, Lynton (Flippie) Lackey, is aan ’n hartaanval oorlede. Lackey, onderwyser by Pniel Primêr, was ’n gemeenskapsmens, en by verskeie plaaslike organisasies betrokke, ’n ware gesinsman wat voluit geleef het. Hy het in 1986 sy opleiding as onderwyser aan die Athlone Opleidingsentrum in die Paarl voltooi waarna hy as onderwyser op Pniel begin het. Hy is sedert 1995 departementshoof. Hy word oorleef deur sy vrou Joanie, en drie kinders.
More
News
|