Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011

Search WWW
Search Paarlpost

Skok oor seun se dood

Skok oor seun se dood
 
2008-06-26

MOTORFIETSE was sy lewe, maar Vrydag het Renier Maree van Wellington sy lewe op sy geliefde motorfiets verloor.

Renier (18) ry van kleuterdae af motorfiets, nadat hy al saam met sy pa, Jasper, op sy motorfiets gery het toe hy nog in doeke was.

Later was dit hy én sy sussie, Zanré (16), wat saam met sy pa op die motorfiets baljaar het.

Donderdagmiddag net ná vyf was Renier op pad na die Maree-woning aan Lady Lochweg nadat hy vriende van Hugenote Hoërskool met hul voorbereiding vir eksamen gehelp het.

In Hoofweg het ’n motor voor hom ingeswaai en Renier is ernstig beseer.

“Ooggetuies het vertel dat Renier stadig gery het,” het sy pa hierdie week gesê. “Ons het berusting gevind. Ons het volle vertroue gehad in ons kind se vermoë om motorfiets te ry.”

Renier het maande lank op die internet gesoek vir die motorfiets van sy keuse. ’n Maand voor sy 18de verjaarsdag, verlede week Dinsdag, is die Suzuki DRZ 400 Supa Moto afgelewer.

“Gelukkig kon hy darem sy geliefde motorfiets ’n maand lank geniet,” sê sy ma, Tanya, met trane in die oë.

Tanya was oomblikke ná die ongeluk voor die SAD-kantore op die toneel. Renier was bewusteloos, met ernstige hoofbeserings.

“Ons is baie dankbaar vir die brandweer en die ambulanspersoneel, en later die neurochirurg, dr Adriaan Liebenberg, en die personeel van die intensiewe eenheid by Medi-Clinic. Hulle het saam met ons gehuil toe Renier die aand half-tien sterf,” sê Tanya.

Vriende van die gewilde matrikulant stroom na die Mareewoning.

Ses van sy maats, Uthmaan Abrahams, Christiaan van Rooyen, Heinrich Insel, Nicky van der Westhuizen, Erik van Wyk en Emelius Streicher, was Dinsdag draers by die gedenkdiens in die Nuwe Apostoliese Kerk.

Die Marees vind vertroosting in die baie briefies en foto’s wat die kinders by hul huis aanbring.

“Ons gaan Renier se humor mis,” skryf Christiaan. “En hy het altyd ’n oplossing gehad as ons leiding soek.”

Nicky skryf: “Sy vriende was vir hom die belangrikste en sy ouers die beste wat mens kon vra.”

Almal is dit eens: “Renier het ons altyd aangepor om te leer. Hy was so vriendelik en het nooit ’n slegte woord oor iemand te sê gehad nie. Sonder hom is daar ’n groot leemte in ons lewens.”

.

More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za