Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sy was nooit bang vir pyn nie

Sy was nooit bang vir pyn nie
 
2008-07-03


HAAR glimlag het drie jaar lank haar pyn weggesteek.

En vandag, ná Meryl Heugh se dood, onthou haar ouers ook met glimlagte, al is dit met hartseer in hul oë, hulle pragtige dogter.

Meryl (21), het drie jaar gelede griep gehad, vertel Karl en Muriel Heugh van D’Oliveirastraat 10, Bolandpark in Paarl-Oos.

Die virus het haar hart en longe aangetas en as lupus van die niere gemanifesteer.

Meryl is meer as twee jaar lank tuis aan ’n dialise-masjien gekoppel. Drie maande gelede is haar naam op die lys vir ’n nier-oor- ­planting geplaas, vertel haar pa.

“Donderdag verlede week was ons die hele dag by haar in die Christiaan Barnard Hospitaal in Kaapstad.

“Sy het so mooi gelyk en sy het vertel dat sy huis toe gaan. Min het ons geweet toe ons die aand net na agt Paarl toe is, dat sy dieselfde aand nog na haar huis in die hemel sou gaan.”

Die Heughs is drie uur later, om 23:20, na die hospitaal ontbied. Hul dogter het aan hartstilstand gesterf.

Meryl was in Paulus Joubert Laerskool en het aan Klein Nederburg Sekondêr gematrikuleer.

“Sy was ’n wonderlike mens,” sê haar ouers.

“Sy het op soveel maniere ’n impak op mense se lewens gemaak, veral op dié van jongmense. Haar glimlag het haar pyn weggesteek.”

Haar pa het haar by die huis versorg. Karl het ná die treinongeluk by Muldersvlei vier jaar gelede, waarin hy ernstige nekbeserings opgedoen het, die huishouding oorgeneem terwyl Muriel buite die huis werk.

“Meryl het altyd vir my gesê: ek is nie bang vir pyn nie, en ook nie vir die dood nie,” het hy hierdie week hartseer onthou. Benewens haar ouers laat Meryl ook ’n suster, Kay-Lee (18), agter.

Die gedenkdiens is Saterdag om 09:00 tuis, met die kerkdiens om 10:00 in die Bethel Kong Kerk te Evans­straat, Paarl-Oos.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za