Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oud-stadsklerk oorlede

Oud-stadsklerk oorlede
 
2008-07-03


’n VOORMALIGE stadsklerk van die Paarl, Willie Wagenaar (85), is op 26 Junie ná ’n lang siekbed oorlede. Hy was ’n inwoner van Huis Vergenoegd sedert 1989.

Hy het op Dordrecht gematrikuleer en het die grade BA LLB behaal voordat hy toegelaat is as advokaat in Kaapstad, maar het sy loopbaan toegespits op plaaslike bestuur.

In diens van die munisipaliteit in Benoni vorder hy tot persoonlike assistent van die stadsklerk en daarna word hy aangestel as assistent-stadsklerk in Port Elizabeth, voordat hy na die Paarl verhuis het.

Hy was stadsklerk van die Paarl vanaf 1966 tot 1983.

Ná sy aftrede, het hy vir nog 12 jaar as voorsitter en as lid van verskeie staats-, provinsiale en munisipale kommissies en komitees van ondersoek gedien.

Hy was ook voorsitter van die SomersetWes Skattingshof vir tien jaar en lid van die Afbakeningsberaad wat die grense van die Metro en die Wes-Kaapland munisipaliteite vir die nuwe bedeling bepaal het.

Wagenaar was ’n geesdriftige rolbalspeler en het vir drie ampstermyne as die president van die Paarlse rolbalklub gedien.

Sy eggenote, Doreen, is in 1998 oorlede. Hy word oorleef deur sy seun John, skoondogter Bokka en drie kleinkinders. Die begrafnis was Dinsdag vanuit die Auretstraat United Church.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za