DIE VGK Wellington (Dorp) in Mellingstraat bied van Sondag 13 Julie tot en met Sondag 20 Julie ’n gesinsweek met verskeie predikers.
Sondag 13 Julie om 18:00 praat ds Jarret Rogers oor Waardes en Norms.
Maandag en Dinsdag preek pastoor Eben Mouries om 19:30 oor Godsdiens vs Volgelinge van Christus.
Woensdag 16 Julie en Donderdag 17 Julie om 19:30 praat Gert Korah oor geloof in gesinsverband.
Vrydag 18 Julie en Saterdag 19 Julie om 19:30 praat pastoor Douglas Oormeyer oor finansies en die gesin in ’n Bybelse konteks.
Sondag 20 Julie om 18:00 preek ds Jarret Rogers weer oor Waardes en Norms.
Almal is welkom. Voorsang en voorbidding begin reeds vroeër.
Verversings sal na afloop van die byeenkomste in die voorportaal bedien word.
Vir navrae, skakel 082-498-4130 of 082- 959-1869.