Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


So ry die trein - sit-sit so

So ry die trein - sit-sit so
 
2008-07-17


MET die petrolprys wat maandeliks aan die styg is, word motoriste genoodsaak om na alternatiewe vervoer te kyk.

Maar is publieke vervoer ’n aanvaarbare alternatief?

So word Metro Rail toe op proef gestel deur ’n verslagspan van Paarl Post wat in die ysige koue, vroeg op ’n Vrydagoggend, die trein Kaap toe aandurf, om eerstehands te sien waaroor dit gaan. En wat ’n aangename verrassing was dit nie.

Eersteklaskaartjies word gekoop teen ’n koste van R14,50, en R8 vir ’n derdeklas-kaartjie.

Die trein is skoon en gesellig - alhoewel dit ’n baie koue oggend was, en daar is geen verhitting binne die trein nie, sit vriende knus teen mekaar, selfs met komberse toegevou.

Elizabeth Julies van Paarl-Oos sê sy ry al 27 jaar trein.

“Ek het nog nooit probleme gehad met my veiligheid nie, maar het wel onlangs derdeklas vir eersteklas verruil.

“Die rede hiervoor is eenvoudig dat dit daar taamlik beknop raak, en dikwels kry ’n mens nie ’n sitplek nie.”

Orals sit sakemanne en werk op hul skootrekenaars of lees die koerant. Studente haal in op verlore slaap en vriende gesels tog te lekker.

Tussen hulle is ’n groepie van vyf wat heerlik lag en gesels.

Hulle is almal van verskillende agtergronde en het nou boesemvriende geraak op die trein.

“Ons is soos ’n groot familie en as een van ons vir ’n paar dae wegbly, dan sal ons begin bekommerd raak oor haar. Almal het ook hul eie sitplekke, en bewaar diegene wat hierdie reëls verbreek.

“Ons almal ken vir mekaar en weet selfs wie vol fiemies is,” beduie een van die jong vrouens na ’n knorrige ou man wat voor in die wa sit.

En hulle is dit ook eens dat dit lekker is om trein te ry.

“Baie van ons vriende en kollegas se eerste vraag is of ons nie bang is vir die trein nie. Die antwoord is eenvoudig - daar is geen rede om bang te wees nie.

“Die enigste probleem wat ons al híér gehad het, was onlangs toe ’n vreemde man hom tussen ons lastig gehou het.

“Ek het vir hom met my pepersproei gedreig en by die volgende stasie het ons vir hom van die trein afgedwing.”

Maar daar is klagtes wanneer die trein met tien minute vertraag word. Nogtans kom die trein slegs enkele minute laat op Kaapstad-stasie aan.

Alhoewel die trein tydens spitstyd heel veilig en plesierig is, waarsku pendelaars dat ’n mens nie durf om trein te ry buite spitstye nie.

Dit is dan wanneer “skollies” hul kanse vat om niksvermoedende pendelaars te teiken.

Die rit Kaapstad toe het dié dag een uur en tien minute geneem en was pynloos.

Nader aan Kaapstad wanneer die trein langs die N1 ry, staan die motorverkeer stil tydens spitstyd, terwyl die passasiers op die trein rustig nader seil aan die Kaap.

Teen ’n koste van net R285 per maand, vergelyk dit uiters gunstig met die koste van motorvervoer nie - en boonop kan jy dan nog koerant lees.

En dan is daar die onskatbare waarde van ’n stresvrye rit sonder verkeersknope en bestuurders wat vir ’n mens laat rooi sien.

* A train trip from Paarl to Cape Town ended up being a pleasant experience.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za