Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier fees met rugbymanne

Vier fees met rugbymanne
 
2008-07-24


DIE 110-jarige feesdinee van die Wellington Rugbyklub word Vrydag 15 Augustus om 19:00 gehou op die Welbedacht Wynlandgoed.

Die hoofspreker is Dawie de Villiers, destyds rugbykaptein en skrumskakel van Wellington, asook Springbokkaptein. Eens NGK predikant op Wellington, het De Villiers later ’n prominente diplomaat en wêreld-ambassadeur geword.

Ook op die verhoog as spreker is Chris Laidlaw, die Nieu-Seelandse skrumskakel teen wie Dawie de Villiers gespeel het.

Ook hy het ’n prominente diplomaat vir sy land geword en het die bekende boek Mud in your Eye geskryf.

Trevor Quirk, sportman, kommentator en afslaer, Chris Faure, oud-speler en tans voorsitter van die Wellington Rugbyklub, en Schalk Burger, oud-Springbokspeler en tans president van Wellington Rugbyklub, sal ook ’n spreekbeurt kry.

Die bekende sanger, vermaakkunstenaar en oud-Wellingtonse rugbyspeler Mallies le Roux, asook storieverteller Nico Nel sal die aand verder opkikker.

Die koste van die 110 tafels is R5 000 per tafel, en sluit in ’n driegang-maaltyd aan die 1 100 gaste, alle drank en die veiling van wyne en sport-gedenkwaardighede.

Alle rugby-ondersteuners is welkom. Skakel met navrae die klub by 021-873-2052, of vir bespreking skakel Johan van der Merwe by 073-911-1960.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za