Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Haar huis is weg, en nou ook haar kind

Haar huis is weg, en nou ook haar kind
 
2008-07-24


VANDAG is ’n enkelma van Greenfields, Paarl, ten gron- de nadat haar driejarige seun op die drumpel van hul woning deur ’n bakkie doodgery is.

En dié tragedie kom enkele maande nadat sy al haar besittings verloor het toe haar huis deur ’n brand in puin gelê is.

Volgens Anneline van der Westhuizen, by wie Margaret Swanepoel en haar seun Stefan Swanepoel tuisgaan, het klein Stefan Sondagmid- dag rustig met sy karretjie op die sypaadjie buite die huis in Flamingostraat gespeel.

“’n Bakkie was halfpad op die sypaadjie geparkeer en Stefan het voor die bakkie gespeel.

“Ons het ons rug vir letterlik minute gedraai, toe die bestuurder van die bakkie wegtrek. Hy kon nie vir klein Stefan op die grond sien nie, en is bo-oor hom.”

Inwoners van Flamingo- straat is ten gronde na dié gebeurtenis, wat hulle ’n fratsongeluk noem.

“Almal was baie lief vir Stefan. Hy was ’n ware sonskynkind in hierdie straat, en sy tragiese dood laat ’n reuse-leemte.”

Stefan se ma is steeds te getraumatiseerd om oor die voorval te praat. Haar huis is weg en nou ook haar kind.

“Ek het my huis aan Margaret oopgestel nadat sy alles in die brand verloor het. Ons het gedink sy het alles verloor, maar nou het sy werklikwaar niks.

“Sy het nie die geld om vir Stefan se begrafnis te betaal nie. Ons weet nie hoe ons hom ter ruste gaan lê nie.”

* A young boy died when a bakkie drove over him in Greenfields


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za