Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Daghospitaal kry nuwe staanplek

Daghospitaal kry nuwe staanplek
 
2008-07-31

Christine Siebrits

DIE Gesondheidsontwikkelingskomitee van Wellington Daghospitaal het moontlik vir die laaste keer in The Homestead vergader, voordat die nuwe Wellingtonse daghospitaal in Vanwyksvlei geopen word.

Dagpasiënte sal van 1 September na Vanwyksvlei gaan. Intussen sal die huidige Wellingtonse Daghospitaal gesluit word vir opgradering.

The Homestead, Huis MacCrone, Hugo Rust Kliniek, Wellington Daghospitaal - ja, dit verwys na dieselfde perseel.

Die geboorte van die Hoër Jongenskool van Wellington was in 1868, bestem om op sy tyd die beroemdste skool in ons land te word.

In 1881 het Robert MacCrone in Wellington aangekom en aangesluit by Wellington se beroemde “Vyftal” (insluitend ds Andrew Murray, MJ Stucki, mejj Ferguson en Bliss) aan wie Wellington en die distrik op opvoedkundige gebied alles te danke het.

So ’n vyftal op een dorp gebeur nie aldag nie en hierdie name is vir ewig ingegraveer op die harte van duisende.

Onder die leiding van Robert MacCrone het die Jongenskool verbasend snel gegroei en het leerlinge van regoor die land na Wellington gekom.

Spoedig was addisionele losies nodig en ’n groot stuk grond is vir £600 van WA Joubert gekoop.

Die Anglo-Boereoorlog het uitgebreek en die gebou kon nie voor 1904 opgerig word nie. Daardie gebou is “The Homestead”.

Robert MacCrone het sy lewe vir die skool gegee.

Die gebou is herdoop na Huis MacCrone in die jare toe die Wellingtonse Onderwyskollege (vandag CPUT) die gebou as manskoshuis gebruik het.

Vir etlike jare is die gebou nou gebruik as deel van die Wellington Daghospitaal.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za