Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ouma Paulina word 100

Ouma Paulina word 100
 
2008-07-31

Jules Krige

’n PAARLIET, Paulina Schoeman, het verlede week Dinsdag haar honderdste verjaarsdag gevier.

Schoeman, wat al die afgelope agt jaar in die Paarl woon, se tweelingsuster is reeds oorlede. Sy het nog een oorlewende suster van 90 jaar.

Sy is in 1908 in Louis Trichard gebore en was nog ’n kleuter gewees in die dae van die Eerste Wêreldoorlog.

In die 1940’s het sy en haar man na Rhodesië getrek waar hy die publieke paaie in die land gewerk het, terwyl sy vir jare in hospitale gewerk het.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het sy tuis gebly om na haar twee kinders te kyk terwyl haar man in die oorlog geveg het.

Sy woon tans by haar dogter, Paulina Whitfield, en spog met 13 kleinkinders en 10 agterkleinkinders.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za