Kiesers registreer
2008-08-14
n BEROEP word gedoen op inwoners van wyk 16 en 22 in die Paarl om Saterdag te registreer vir die verkiesing volgende jaar. Wyk 16 se kiesers sluit in inwoners van Dalvale wat by Endlerstraat 10 (Selfboufase) kan registreer van 16:00 tot 19:30. Wyk 22 se kiesers, wat insluit inwoners van New Orleans, Charleston Hill, Huguenot en Denneburg, kan by die Huguenot gemeenskapsaal registreer van 10:00 tot 12:00. Die registrasie sal geskied onder die toesig van die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Kiesers moet hul ID boeke saambring.
More
News
|