Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


US en Hugenote Kollege werk saam

US en Hugenote Kollege werk saam
 
2008-08-14


DIE Raad van Hugenote Kollege (HK) op Wellington het ’n aanbod van die Universiteit Stellenbosch (US) aanvaar om ’n akademiese tuiste aan die kollege te bied.

Die twee instellings beoog om so gou moontlik te begin met gesamentlike akademiese beplanningsaktiwiteite met die oog daarop om van 2010 US-programme en -kwalifikasies by Hugenote Kollege aan te bied.

Volgens prof Johan Viljoen, rektor van Hugenote Kollege, bied die US-aanbod om aan HK ’n akademiese tuiste te bied, verreikende moontlikhede in terme van die kollege se visie en missie.

Die kollege beskou hierdie toekomstige samewerking as ’n vennootskapsverhouding waardeur die behoeftes van die land in terme van dienslewering binne die maatskaplike diensprofessies nog beter gedien kan word.

Gegewe die besondere statuur en posisionering van die US, beide nasionaal sowel as internasionaal, sien HK met groot verwagting daarna uit om vanuit hul eie besondere konteks ’n unieke bydrae te lewer.

Prof Julian Smith, viserektor: Gemeenskapsinteraksie en Personeel van die Universiteit Stellenbosch, het gesê die universiteit beskou die toekomstige samewerking met Hugenote Kollege as ’n saak van hoë strategiese belang, gegewe die herposisioneringsproses waarmee die US tans besig is. In hierdie proses word daar onder meer groot klem gelê op die rol en teenwoordigheid van die Universiteit Stellenbosch in die streek, ingeslote die plattelandse omgewing en gemeenskappe.

“Hugenote Kollege is nasionaal goed bekend en het ’n unieke geskiedenis wat oor meer as ’n eeu strek.

“Met hulle voor- en nagraadse program- me in Maatskaplike Werk, Gemeenskapsontwikkeling en ander sosiale diensprofessies, lewer die kollege gegradueerdes op terreine wat van kritieke belang vir ons land is.

“Deur die beoogde vennootskap met die kollege beoog die universiteit om sy eie aktiwiteite op hierdie terreine nog verder uit te bou en te versterk,” het prof Smith gesê.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za