Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Doodsberig saai onmin

Doodsberig saai onmin
 
2008-08-14


INTERSKOLE is vanjaar nie soseer so hard op die sportveld gespeel nie, as van die veld af nie.

Onmin om vanjaar se interskole tussen Gimnasium, Boishaai en Girls’ High, het ontstaan nadat ’n oud-Gimmie ’n doodsberig in ’n dagblad geplaas het wat gelees het, ‘HJS, saggies heengegaan na ’n siekbed van vyf jaar.’

Die ink van hierdie doodsberig was skaars droog, toe die hele Paarl hieroor gegons het, en har- de woorde het heen en weer begin vlieg.

Verskeie geskokte lesers het geskryf dat so ’n berig onaanvaarbaar is, juis in die lig van skoliere wat die afgelope paar jaar hul lewens verloor het.

Ander het op hul beurt negatief gereageer om te probeer bewys dat hul ou Alma Mater eintlik die beste is.

In die middel van al hierdie redekaweling, is Ian de Jongh, wat heel onskuldig die doodsberig geplaas het as ’n grap.

De Jongh het in 1988 aan Hoërskool Gimnasium gematrikuleer.

“Ek het nooit kon droom dat my grap so ’n reaksie sou lok nie.

“Elke jaar skeer ons die gek met mekaar oor wie se skool die beste was, maar dit word alles in goeie gees gedoen.

“Dus was die doodsberig gerig op al my Boys’ High makkers en talle van hulle het vir my laat weet dat dit baie snaaks was.”

Toe De Jongh die reaksie op sy doodsberig sien, het hy Boishaai en Gimnasium se skoolhoofde geskakel om sy kant te stel.

“Maar ek sal nie om verskoning vra nie. Ek hou nog vol dat dit ’n onskuldige poets was, wat nou heeltemal uit verband geruk is.

“Deesdae word interskole so ernstig opgeneem deur die ouers, dat die pret van interskole tweede viool speel. Een van die dae gaan daar ook geweld om die velde van interskole wees, weens dié houding.

Hy het egter sy humorsin behou: “‘Ek gee die Old Boys van Boishaai die reg om as hulle 2009 Interskole wen, vir my te teer en veer. Ek sal vanaf HJS in my onderklere stap, vere en al, met ’n gelukwensing om my nek, tot by Paarl Gim.

“Hou maar jul kameras reg.”


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za