Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe wette oor dwelms bekyk

Nuwe wette oor dwelms bekyk
 
2008-08-21


“DIE stelling “ons neem kennis” moet begrawe word. Ons moet daadwerklik optree.” So sê Jeremy Green, een van net meer as 30 mense uit die gemeenskap wat hierdie week ’n sê-jou-sê-sessie oor die nuwe dwelm- en tabakwet in Paarl bygewoon het. Wetsontwerpe oor die voorkoming van en behandeling vir dwelmmisbruik en van tabakpoduktebeheer is behandel.

Die publiek is die kans gegee om op die wette te reageer sodat moontlike aanpassings gedoen kan word. Die staande komitee oor maatskaplike ontwikkeling van die Wes-Kaapse Parlement het dit aangebied.

Alhoewel baie vrae oor die algemene maatskaplike welstand gevra is, het die publiek nie baie insette oor moontlike veranderinge van die wetgewings gehad nie.

Die beperkte tyd wat die publiek gegun is om die nuwe wetgewing onder oë te neem, is uitgewys

Van die publiek wat nog insette wil lewer kan met Ben Daza by 021-487-1679 of bdaza@wcpp.gov.za skakel. Sessie-gangers was dit eens dat maatskaplike probleme in Drakenstein nie meer weggesteek kan word nie en dat swak dissipline by kinders ’n groot pobleem in die gemeenskap is.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za