Piet Nolte oorlede
2005-07-14
DIE vader van die bekende Afrikaanse sanger Valiant Swart is Maandag op Wellington oorlede.
Piet Nolte (67), oud-superintendent-posmeester op die dorp, het die afgelope jare van suikersiekte las gehad voordat hy nierprobleme gekry het en hy op dialise was.
Nou het sy hart ook ingegee.
‘‘Maar sou jy oom Nolte op die laaste gevra het hoe dit gaan, sou daar nie moeilikheid gewees het nie. Alles was net altyd goed,’’ het Wellingtonners hierdie week onthou.
‘‘Hy was stil en liefdevol, ’n grapjas en musikale mens wat graag sy bekfluitjie gespeel het.’’
Nolte word oorleef deur sy vrou Sarie, seun Pierre (Valiant Swart), dogter Michelle van der Merwe van Robertson en vier kleinkinders.
Die diens is Saterdag 10:30 in die NGK Wellington-Oos.
More
News
|