Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hulde vir Adrienne Joubert

Hulde vir Adrienne Joubert
 
2008-08-28

Christine Siebrits

OP Woensdagaand 6 Augustus het die Vriende van Wellington Museum ’n huldigingsaand ter ere van wyle Adrienne Joubert, bekende musiekdosent wat in April 1980 oorlede is, in die Breytenbach-sentrum aangebied, met die oog op Vrouedag.

Adrienne Rolland is op 14 Julie 1900 in Durban gebore uit ’n besonder musikale familie.

Haar vader, Arthur, was die kleinseun van die baanbrekersendeling Samuel Rolland, wat saam met Porsper Lemure en Izaac Bisseux in 1829 onder beskerming van die Paryse Sendinggenootskap na die destydse Kaapkolonie gekom het. (Bisseux het met sendingwerk onder die slawe in die Bovlei, Wellington, begin.)

Haar ouma, Elizabeth Rolland, was ook baie musikaal.

Adrienne het haar studies in musiek in Stellenbosch voortgesit waar sy die UOLM en ULVM verwerf het.

Sy het op 22-jarige ouderdom as orreliste van die NG Moederkerk na Wellington verhuis. Hierdie pos het sy vir 44 jaar beklee. Hier het sy moeisaam Afrikaans leer praat (sy was Engelssprekend).

Op Wellington ontmoet sy vir Dick Joubert met wie sy later in die huwelik tree. Vyf kinders is uit die huwelik gebore - Edith, Beatie, Adolph, George en Adrienne. (Adolph en Adrienne is reeds oorlede.) Die gesin was woonagtig op die plaas Provence in Hoofstraat.

Al vyf die kinders erf hul ma se musiektalent. Adrienne Joubert het privaat musieklesse gegee aan talle studente, wat ook blinde studente ingesluit het.

Vir die blinde student Jan Basson moes sy elke twee mate voorspeel sodat hy dit kon memoriseer, omdat daar nog nie brailleskrif in musiek beskikbaar was nie. Hy het sy lisen-

siaat behaal.

Sy dra grootliks by tot die musieklewe van Wellington as ’n geliefde dosent aan die Opleidingskollege op Wellington tot met haar aftrede in 1971.

Sy verwerf ook bekendheid as musiek-eksami- nator van Unisa, ’n pos wat sy vir 20 jaar lank beklee.

Wat minder bekend is, is dat sy ook ’n goeie sportvrou was, en eerstespan tennis en hokkie vir Wellington gespeel het.

Sy sterf op 24 April op die ouderdom van 79 jaar in die Silwerkruin Huis vir Bejaardes ná ’n lang siekbed.

So word een van die merkwaardigste vroue wat Wellington geken het, se ryk lewe van diens en kreatiwiteit beëindig.

Die aand het bestaan uit ’n gedramatiseer- de voorlesing geskryf deur Winnie Rust en voorgedra deur Eugenie Wiggins met fluitmusiek deur Marelize Watts oor die lewe van Elizabeth Rolland - ouma van Adrienne Joubert.

’n Vorige student van Adrienne, Virgil Allen, het ’n pragtige huldiging aan Adrienne Joubert gebring met die titel “So onthou ek haar”.

Christo Alheit, skoonseun en vorige predikant in die Paarl, het vertel hoe die familie haar gesien het. Die aand is afgesluit deur haar enigste oorlewende seun, George Joubert.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za