Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot legende in Paarlse motorbedryf sterf

Groot legende in Paarlse motorbedryf sterf
 
2008-08-28

Sieb Sieberhagen

AS iemand sy “deal” gesteel het, het hy nie te lank kwaad gebly nie. So word Ghoera Thiart, ’n legende in Paarl en motorverkoopsman van Novel Ford, beskryf. Hy het verlede week aan kanker gesterf.

“Twee maande voor sy dood het hy nog agt motors verkoop. Hy was ’n baie suksesvolle verkoper.

“Selfs wanneer hy met vakansie was of met ’n kursus besig was, het hy motors verkoop,” vertel Dawie Broodryk, een van sy kollegas by Novel.

Hy was een van die topverkopers in die Ford-stal en is onlangs bekroon met ’n ere-­toekenning as lewenslange lid van die Ford Akademie.

“Hy het altyd die ekstra myl met kliënte geloop. En sy kliënte het van oral oor gekom. Daarom dat hy so suksesvol was,” vertel Broodryk.

Ghoeratjie, soos Annatjie, sy vrou hom beskryf, was altyd aan die gang.

“Kom-kom, kom-kom, is woorde wat my altyd aan hom sal laat dink. Altyd aan die gang en haastig, maar hy het ’n goeie hart gehad,” sê sy.

Ghoera se legende strek van toe hy as kind by Droomers petrol begin ingooi het, Droomers se insleepvoertuig bestuur het en toe daar motors begin verkoop het.

In 1987 het hy motors by Selford, nou Novel, begin verkoop en word as een van die suksesvolste verkoopsmanne nog by Novel beskryf.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za