Verdrietig oor peper
2005-07-14
DIE trane nou die aand in Noorder-Paarl was toe al die tyd oor peper, en nie dronkverdriet nie.
Kapt Aubrey Marais was met die Hoofstraat voor Die Kraal kuierplek onderweg toe hy haastig moes rem.
Die polisieman, gesout in misdaadvoorkoming, het besef die man soek sy dood daar in die middel van die pad, al besef hy dit self nie.
Terwyl kapt Marais wag vir die opgekommandeerde patrollievoertuig, het ’n vriend van die gekoringde, ’n reus van ’n man, uit die nuutgelisensieërde Hoenderkop-kroeg nadergestaan.
Hy was glo glad nie gediend met dié dat sy vriend ‘‘vir sy eie veiligheid en dié van ander’’ hom moes gaan nugter slaap in die selle nie.
Toe die grootman besluit om sake in eie hande neem, het kapt Marais gedoen wat die Paarl polisie onlangs geleer is -hy gebruik sy kannetjie pepersproei.
Daarna kon die kwaai kuiergas maklik oorreed word om sy vriend na die aanklagkantoor te vergesel - waar hy toe sommer die kaptein van aanranding aankla omdat hy met die kannetjie pepersproei op die man uit die kroeg geoefen het.
* An assault charge has been laid against a Paarl ·policeman by the man he subdued with pepper spray. ****** Einde van al 3 blokke · ¶ ¶ ¶ ¶ ¶ ¶ ¶ *Error 231 not found.· ¶
More
News
|