Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Te koop-teken op motor trek ongewenste aandag

Te koop-teken op motor trek ongewenste aandag
 
2005-07-14


MOTORISTE moet die reguit paadjie loop ja, maar die regulasie dat jy nie 'n ‘‘Te Koop" teken teen jou motorruit mag plak nie, dit laat ·
hulle rooi sien.

Toe Niel Claassen van Wellington 'n pienk kaartjie sien wapper teen sy motorruit voor sy werkplek, WPK in die dorp se Hoofstraat, het hy gedink hy het die toegelate uur parkeertyd oorskry.

Groot was sy verbasing vir die oortreding aangetoon op die kaartjie: ‘‘Vertoonadvertensie Motor Te Koop aangebied" - R300 boete.

En volgens hom was die verbasing van die betaalklerk in die verkeerskantore nog groter.

Sy het hom aangeraai om by die staatsaanklaer aan te klop, want van so 'n regulasie het sy nog nooit gehoor nie.

Die Wellingtonse staatsaanklaer was ewe stomgeslaan. Niel onthou haar reaaksie: ‘‘Nee meneer, hierdie boete sal ons afskryf, want van so 'n regulasie dra ek nie kennis nie."

Hy sê hy het toe besluit om sy kennis met mede-motoriste te deel, want vir 'n oortreding moet jy boet, maar darem nie vir iets waarvan net die wetstoepassers in khaki weet nie.

Nie so maklik nie, meneer motorverkoper, sê Drakenstein verkeershoofde.

Dis 'n munisipale verordening, en bestaan al jare lank.

En al weet klerke en aanklaers nie daarvan nie - die wetstoepassers in khaki ken hul munisipale ordonnansies.

* A Wellington man can but laugh after being ticketed for having a For Sale sign in his car’s rear window.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za