Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leerkrag vereer

Leerkrag vereer
 
2008-09-18


’n ONDERWYSER aan Hugenote Hoërskool op Wellington, Lorraine Kuun, is aangewys as die beste hoërskool-on- derwyser in die Wes- Kaap.

Sy het die kategorie Uitnemendheid in Hoërskoolonderrig gewen by die Wes- Kaapse onderwystoekenning wat Vrydagaand tydens ’n gala-geleentheid oorhandig is deur die Wes-Kaapse minister van onderwys, Yusuf Gabru.

Met hierdie puik prestasie dring sy deur na die nasionale eindronde wat op 29 Oktober in Johannesburg gehou word.

Benewens haar verpligtinge as Wetenskaponderwyser is Kuun ook die skrywer van ’n reeks handboeke vir Natuur- en Lewenswetenskap, asook verskeie assesseringsgidse.

Sy is verder ’n Seta-geakkredi- teerde assessor.

Haar gemeenskapsbetrokkenheid sluit uitreike na voorheen benadeelde skole in en sy is kontakpersoon vir die kankerbewusmakingsgroep T4B.

Kuun, wat reeds 22 jaar by Hugenote skool hou, het gesê dat sy baie lief is vir die onderwys en dat sy haar sukses toeskryf aan die ekstra myl wat sy bereid is om te loop vir haar leerders.

“Ek probeer altyd op die voorpunt van kennis wees, en sodoende probeer ek my leerders inspireer om diesefde te doen.

“Ek lees baie en bring hierdie kennis in my klasse in, al is dit nie altyd ’n onderwerp wat ons bestudeer nie.

“En dan probeer ek dit prettig en interessant maak vir my studente om te leer.”

Die adjunk-hoof, Louise Grobler, is baie trots op Kuun se toekenning: “Sy verdien werklikwaar hierdie toekenning - dit getuig van haar algehele toe- wy­ding aan die onderwys.”


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za