Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groenbergskool en Afrikaans

Groenbergskool en Afrikaans
 
2008-09-25

Christine Siebrits

DIE Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede (RNG) het op 14 Augustus 1979, 104 jaar ná die stigting van die Genootskap vir Regte Afrikaners (14 Augustus 1874), die Groenbergskool buite Wellington as Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.

In dié skool en veral in die ou woning wat destyds langs die skool was, het Afrikaans van sy eerste voetstappe geneem.

Van CP Hoogenhout se belangrikste werk as skrywer vir die erkenning van Afrikaans en die uitbouing daarvan is in hierdie Groenbergskool verrig.

Hy het hom ook as kerkman hier onderskei.

CP Hoogenhout was vanaf 1874 tot 1908 onderwyser by die Groenbergskool en was ook een van die stigterslede en die eerste voorsitter van die GRA.

As SJ du Toit die ‘siel’ van die Eerste Taalbeweging genoem word, sou ek graag CP Hoogenhout as die ‘besieler’ noem aldus PJ Nienaber.

In 1975, die Jaar van die Taalfees, het Prof geskryf dat Dirk Kotze, een van die talle eerstes in Afrikaans uit die pen van die volgende Hoogenhouts, Casper Peter, kom.

Sy twee seuns, Nicolaas Marais en Petrus Imker en ook sy kleinseun, Imker Francois Marais was veral bekend vir Afrikaanse liedjies en sy boereorkes.

Volgens ’n artikel in Die Burger 18 Oktober 1997, skryf Martiens van Bart, die vroegste Suid-Afrikaanse Volkslied was Hoogenhout s’n en nie dié van Enoch Sontonga (Nkosi Sikel’i Afrika) nie.

In 1875 op Groenberg skryf Hoogenhout dié gepaste volkslied waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal woon een verenig volk een algemene taal.

Die Volkslied was egter nooit amptelik aanvaar nie, omdat die Kaapkolonie en Brit dit besit het.

CP Hoogenhout was ongelukkig nooit vir hierdie pragtige volkslied vereer nie.

Talle bekendes het op Groenberg gekuier, wat SJ du Toit, Oom Lokomotief en Arnoldus Pannevis ingesluit het. Pannevis is op 14 Augustus 1884 aan huise van CP Hoogenhout op Groenberg oorlede.

Later in die begraafplaas was ds Van der Lingen in die Paarl begrawe.

Die kinders wat uit die Groenbergskool gekom het, het ’n kulturele en geestelike agtergrond ontvang en hier was die geestelike voorbereiding vir die lewe onvervangbaar.

PI Hoogenhout skryf in ’n brief, “My vader het hom veral toegelê op karaktervorming by sy leerlinge en het meermale opgemerk dat ‘Karaktervorming van meerder waarde was as Boekekennis”.

Jeugherinneringe uit Groenbergskool word deur baie onthou.

’n Onderwysman en skoolinspekteur, Guilluame Marais, skryf soos volg in sy “Goue Jare in die Groenbergskool”, ek is bly dat ek in die geleentheid was om daar skool te gaan, al het ons geen skoolbaadjie, skoollied of voetbalspan gehad nie.

Die omgewing, die ongebondenheid en die kameraadskap sal altyd ’n goue herinnering bly.”

PI Hoogenhout het as onderwyser in 1908 by sy vader oorgeneem weens dié se ongesteldheid en van die pragtige Afrikaanse liedere is hier deur hom geskryf:

“Kom ons gaan blomme pluk en Die Brug op ons Plaas”.

Beide liedere is geïnspireer deur sy liefde vir Stinie Goosen sy latere vrou en die pragtige lenteblomme in die vlei rondom die Groenbergskool.

Ons hoop die Groenberg skoolgeboutjie wat vandag op die private eiendom van Schalk Burger op die plaas Welbedacht staan tog behoue sal bly vir die nageslag.

Ons, die nageslag, is baie verskuldig aan die persone wie se voetstappe hier in die veld weerklink het.

Daar is ou eikebome wat in 1867 langs die skool geplant is. Die eike staan as monument vir die eerste onderwyser, mnr Daniel Gerhardus Malan. Die skool het in 1966 weens dalende getalle ophou bestaan.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za