Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-legende sterf

Rugby-legende sterf
 
2008-09-25


EEN van Paarl se legendes op die rugbyveld, Rudolph “Dolfie” Paulse, is gister begrawe nadat hy verlede week in Paarl Medi-Clinic oorlede is weens bloeding op die brein. Hy was ’n hartlyer.

Die voormalige afrigter van Paarl se eerste rugbyspan, wat vanjaar die klub se tweede span geslyp het, het vanaf 1989 tot 1992 vir die Westelike Provinsie op skrumskakel uitgedraf.

Volgens sy vrou, Moira, was Paulse baie toegewyd in alles wat hy aangepak het en was rugby altyd na aan sy hart.

“Alhoewel rugby een van sy groot liefdes in die lewe was, was hy, veral die laaste paar jaar, baie gesinsverbonde, met ’n positiewe sin vir humor en trots op sy kinders se prestasies.

Volgens Paarl rugbyklub se president, Petrie Theart, is Paulse se heengaan ’n geweldige verlies vir die klub.

“Dolfie was sestien jaar aan die klub verbonde.

Hy was op sy dag ’n skitterende rugbyspeler, ’n bogemiddelde afrigter en ’n kwaliteit mens wat ek as ’n vriend beskou het.

“Rudolph het ’n absolute passie vir rugby gehad en was altyd bereid om enige span af te rig - net solank hy kon bydra tot die ontwikkeling van spelers.”

Paulse laat sy vrou, verskeie kinders en kleinkinders agter.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za