Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oud-Paarliet aan stuur van sake

Oud-Paarliet aan stuur van sake
 
2008-10-02

Johan Nel

DIE man aan die hoof van die maatskappy wat Suid-Afrika se eerste elektriese motorvoertuig binnekort op die mark gaan plaas, is Kobus Meiring, ’n bekende oudPaarliet.

Hy staan aan die hoof van Optimal Energy, die maatskappy wat dié opwindende nuwe elektriese battery-motorkar, die Joule, ontwikkel het.

Meiring was op sy dag ’n leerling by Laerskool Courtrai en later van Hoër Jongen­skool in die Paarl.

Optimal Energy se Joule word eerskomende Saterdag in Parys, Frankryk, op die groot internasionale motorskou aan die węreld bekend gestel.

Die motor is sedert 2006 onder groot geheimhouding in Kaapstad ontwikkel.

Kenners sę die Joule gaan motorvervaardigers węreldwyd laat regop sit. Dis ’n ruim, moderne motor wat die heel jongste tegnologie op die gebied van battery-aandrywing inspan. Met hierdie motor gaan motoriste hoë brandstofpryse finaal die nekslag kan toedien.

Die Joule, ’n sessitplek meerdoelige voertuig is vir Optimal Energy ontwerp deur Keith Helfet, die węreldbekende motor-ont ­-­werper wat in Suid-Afrika gebore is en węreldwyd bekend geraak het deur die pragmotors wat hy vir Jaguar in Brittanje ontwerp het.

Volgens Kobus Meiring, hoof van Optimal Energy, stel die maatskappy hom ten doel om elektriese battery-voertuie op groot skaal in Suid-Afrika te bou en om die voertuie ook węreldwyd te bemark.

“Die węreld se energiebronne is beperk en word tans hopeloos ondoeltreffend gebruik om voertuie aan te dryf. Die Joule is Optimal Energy se antwoord op hierdie verkwisting.

“Die skerp styging in brandstofpryse en die dramatiese verbetering in die prys, die lewensduur en bruikbaarheid van batterye het ons motor se koms verhaas,” sę hy.

Meiring sę die Joule se bak- en binnewerk is ontwerp deur Keith Helfet wat by Jaguar verantwoordelik was vir die ontwerp van beroemde motors soos die XJ220 en die XK180. Die Joule is so ontwerp dat twee litium-ionbatterye in sy onderstel gestoor kan word.

“Navorsing het getoon dat 99% van alle stedelike Suid-Afrikaners gemiddeld nagenoeg 150 kilometer per dag met hul motors aflę.

“Die batterye waarmee die Joule toegerus word, bied ’n reikafstand van 200 kilometer per battery wat beteken dat motors wat hoofsaaklik as stedelike vervoer gebruik word, nie meer as een battery hoef te hę nie,” sę hy.

“Hierdie battery kan snags tuis met die motor se ingeboude laaier binne sewe uur weer herlaai word.

“Eskom het bevestig dat hulle elke nag tussen 11 nm en 6 vm genoeg surplus-elek­trisiteit het om miljoene motors se batterye te herlaai sonder dat elektrisiteit vir huishoudelike gebruik geraak sal word,” aldus Meiring.

Optimal Energy beplan om die Joule teen die einde van 2010 in Suid-Afrika beskikbaar te stel. Die motor is met die oog op die oorsese motormark ontwikkel en daar sal met internasionale verkope en uitvoere van die Joule begin word onmiddellik ná die bekendstelling in Suid-Afrika.


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za