Webwerf teen misdaad
2008-10-02
DIE webwerf vir die Wellington misdaadinligtingstelsel, of te wel WellingtonInfo, het so pas van die grond af gekom. Oud-polisieman Attie Barnard het hierdie inligtingstelsel vroeër vanjaar opgestel om die gemeenskap van Wellington bymekaar te bring, en sodoende misdaad te bekamp. WellingtonInfo is ’n nie-winsgewende burgerlike samewerkingsorganisasie, wat die dreigende misdaadsituasie onder die aandag van die gemeenskap wil bring. Barnard sê dat dit slegs deur middel van die betrokkenheid van die hele gemeenskap gedoen kan word, en sodoende sal ’n omgewing geskep word waarbinne dit onmoontlik is vir kriminele om misdaad te pleeg, sonder om gekonfronteer te word deur die gereg. Barnard se stelsel bestaan uit ’n eposnuusbrief, waar in allerhande misdaadinligting en-wenke uitgestuur word. So het Barnard reeds ’n netwerk van bykans 3500 internet-gebruikers wat mekaar laat weet oor enige onreëlmatighede in hul gebied. MisdaadInfo se webwerfadres is www. wellingtoninfo.co.za. Vir verdere inligting kan Barnard gekontak word by 082-853-2827.
More
News
|